Geskiedenis Van Die Skool

WAAR ON DIE SWAARKRY MET LEKKERKRY KLAARKRY

Geskiedenis Van Laerskool Voorwaarts

Daar is baie min aangeteken oor die Geskledenis van ons skool. Ons besit ou skooljoernale waarin goedjies aangedui is maar die bietjie wat ek oor die skool gelees het gee ek graag deur.

1.Die skool het begin in 1924 en is destyds deur 'n Mnr Van der Twisk (skoolhoof ) geopen. Die ou skoolgebou staan vandag nog. Dit is twee sandsteengeboue op die Jim Fouché pad. Vir diegene wat die moeite wil doen kan julle met Jim Fouché ry. Die pad word op 'n stadium 'n grondpad en gaan by Rusoordskool verby. Die geboue staan aan die linkerkant van die pad. Dis taamlik verwaarloos maar hulle is nog daar. Die skool het bekend gestaan as Rusoord Government Primary School.

2. Die skool het te vol geword en baie leerlinge moes ver ry om by die skool uit te kom. In die 1930's is die skool geskuif na geboue in die Slangfontein omgewing.

3.Weer het die getalle gegroei en is daar besluit om die skool te split . Die een groep is dorp toe en het later die ou L/S Dr Verwoerd (tans L/S Midvaal) geword. Die ander deel het na riversdal geskuif na die ou skoolgebou waar die huidige "Eagles Wings" oord is. Steeds het ons skool 'n Engelse naam gehad maar ons kinders het Afrikaans skool gegaan. Riversdal Government Primary School.

Image

4. Die skool is nooit as deel van die Meyerton skole beskou nie. Omdat die skool aan die "Oostekant van die Kliprivier was, was die skool deel van die Heidelberg kring. Eers in 1963 is die skool ingelyf by Meyerton en 'n paar jaar later, in 1965, is die skool se naam verander na Laerskool Voorwaarts.

5. Die huidige gebou is aan die einde van 1969 voltooi en is in 1970 in gebruik geneem. Die skoolhoof wat die trek behartig het was Mnr Jack Ellis.

6. Die skool het Springbok sportsterre opgelewer. Die meer bekendes is Irene van Dyk (Netbal) en Johan le Roux (Rugby). Johan le Roux sal dalk beter onthou word as die man wat destyds die All Black kaptein, Shaun Fitzpatrick, se oor gebyt het.

7. Mnr Ellis is opgevolg deur Mnr Flip Craucamp wat die hoof was tot in 1996. Hy is op sy beurt opgevolg deur Mnr At Scholtz wat hoof was tot in 1998. Mnr Scholtz is in opgevolg deur mnr Willie Marais en Mnr Rudi Steenkamp het die hoof geword in 2003.

Daar is heelwat opgeteken in die joernale van die skool . Dit is klein detail wat aangeteken is deur die skoolhoofde. Van die joernale het ook weggeraak. Daar is ook leerling registers maar die Onderwysdepartement maak hulle bymekaar en stuur dit na hulle argiewe toe waar dit gebêre word.

Kontak inligting

Tel: 016 364 1221 / 1027
E-pos:Ontvangs@voorwaartsls.co.za
          Admin@voorwaartsls.co.za
Hoof: Hoof@voorwaartsls.co.za
Adjunk hoof: Adjunkhoof@voorwaartsls.co.za

Adres Inligting

H/V Jan Neethling en Kotie Steyn straat
Meyerton-Oos
Postnet suite 36
Privaatsak X 1003
MEYERTON
1960